...
     
   

Mr Salad is seker aan die meeste inwonders van Potch bekend. Hier in die midde dorp het die winkeltjie in n stegie in die wandellaan begin. Later skuif dit na die Havenga gebou met Magda Hitge as eienaar. Sy voel sy het hulp nodig en soek na n vernoot. In 1999 vat ek pakket en veruil n loopbaan in die onderwys vir een in die kosindustrie.

In 2001 verhuis Magda na Pretoria en ek neem oor as alleen eienaar. In 2006 sluit my man, Kosie by my aan. Stadig maar seker groei ons - elke jaar met baie genade van Bo. Al hoe meer klinte word vriende. Soveel so dat ek amper al my klinte op hul name noem.

In 2012, nadat ek eers wou verkoop - MAAR die Horhand het anders besluit - begin ons mure uitbreek en verander. Nou is ons n ware familie besigheid - Kosie, Susan, Magdaleen en Chrisna, my twee dogters. Met hulle twee se entoesiasme besluit ons om die naam te verander en sommer die binnekant ook te vernuwe. Met almal se wonerlike goeie wense en ondersteuning glo ons dat ons van krag tot krag sal gaan. En vertrou dat ons net soos in die verlede, net die beste sal kan lewer.

 
 
 
 
T:  018 294 3999 (hooftak)
F: 018 293 2195
T: 018 293 0160 (Bult)
info@boeresjiek.com
Goetz straat/street 31 &
h/v Steve Biko en Borcherd str.
Posbus/PO Box 1475 Potchefstroom
2520

     
 
 

Tuisblad | Meer oor ons | Spyskaart | Spyseniering | Kontak ons

 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...  - www.gsdpotch.com

 

We recommend that you view this website with: MS IE 7+ of Google Chrome 1.0 or  Mozilla 4.0